'n Vloeiende ontwerp geïnspireer deur Matteus 10:29-31: "Is twee mossies dan nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies." (English version available on request). Ons fleece komberse werk perfek as “swaddles” vir nuutgebore babas of om jou kleuter warm en snoesig te hou. Al ons komberse bevat oorspronklike illustrasies wat met die hand ontwerp is, gedruk op sagte, hoë-kwaliteit fleece materiaal. Ons is ingestel op detail en gee baie aandag aan kwaliteit afwerking, sodat jou baba/kleuter nog vir etlike jare hul kombersie sal kan koester en geniet.
top of page
bottom of page

