Custom Bestellings
Sien jy nog nie waarna jy soek tussen ons produkte nie? Moenie bekommer nie! Ons bied ook pasgemaakte komberse aan, met splinternuwe oorspronklike illustrasies - almal met die hand ontwerp. Jy kan selfs een van ons bestaande ontwerpe aanpas deur 'n naam, aanhaling of enige ander elemente by te voeg! Hierdie komberse vat 'n klein bietjie langer om af te lewer, aangesien die ontwerp- en vervaardigingsproses ingereken moet word. Sien hier onder vir die wagtye. Let wel: die minimumgrootte vir 'n pasgemaakte kombers is 100 x 150cm, en jy kan selfs 'n groter kombers van 150 x 200cm bestel indien jy op soek is na 'n geskenk vir 'n volwassene.
Hier is die opsies vir pasgemaakte bestellings:
-
Bestaande voorraad-ontwerp (Plaas, Bybel, Woud, Voertuie, Groot 5, Musiek, See) met 'n naam, aanhaling of ander aanpassing. Wagtyd vir so 'n kombersie is maksimum een maand. Kleure en skrifvorme is aanpasbaar, en dis ook moontlik om illustrasies met elemente uit ander ontwerpe te vervang.
-
Bestaande/vorige custom ontwerp met of sonder 'n aanhaling/naam. Sien gerus ons katalogus vir beskikbare custom ontwerpe. Wagtyd vir so 'n kombersie is maksimum een maand. Kleure en skrifvorme is aanpasbaar, en dis ook moontlik om illustrasies met elemente uit ander ontwerpe te vervang.
-
Splinternuwe, unieke ontwerp wat van nuuts af geskep word volgens jou spesifieke idee of voorkeur, met of sonder 'n naam/aanhaling. Wagtyd vir so 'n kombersie is maksimum ses weke. 'n Ontwerpfooi word reeds outomaties by die prys ingereken, soos hier onder aangedui.
PRYSE (SONDER KOERIERKOSTES)
Kleuterkombers met enige bestaande ontwerp plus aanpassing (100 x 150cm) R550
Kleuterkombers met nuwe ontwerp (100 x 150cm) R650
Groot/volwasse kombers met enige bestaande ontwerp plus aanpassing (150 x 200cm) R 1 000
Groot/volwasse kombers met nuwe ontwerp (150 x 200cm) R 1 100
Om 'n pasgemaakte kombers te bestel, vul asseblief die onderstaande vorm so volledig as moontlik in, en ons sal jou kontak vir verdere inligting rondom wat jy in gedagte het. Jy kan ook direk met ons eienaar, Rouxné, gesels via e-pos, hoephoepbaba@gmail.com of WhatsApp, 071 568 8534. Pasgemaakte komberse word direk gekwoteer.






















Vertel
ons
meer
Hoe meer detail, hoe beter! Wat is die tema? Wil jy 'n baba se naaam of dalk 'n Bybelversie bysit? Is daar 'n spesifieke kleurskema?