top of page
handige vrae & antwoorde
-
Waar is Hoephoep Baba geleë?Ons is 'n aanlynbesigheid wat bedryf word vanaf 'n plaas naby Vleesbaai, 'n klein kusdorp omtrent 30km buite Mosselbaai in die Tuinroete (Wes-Kaap).
-
Ek het 'n ander, spesifieke idee vir 'n kombersie. Kan ek 'n custom bestelling maak en hoe werk dit?Ja, ons doen graag nuwe, pasgemaakte ontwerpe! As jy 'n idee vir 'n custom ontwerp het, kan jy meer inligting daaroor kry by Custom Bestellings in ons menu bo. Jy kan die gegewe vorm invul met jou idees en ons sal terugkom na jou toe, of jy kan direk gesels met ons eienaar (Rouxné) via e-pos, hoephoepbaba@gmail.com, of WhatsApp, +27 71 568 8534. Customs word direk gekwoteer en betaal, apart van die voorraad op ons webtuiste.
-
Kan ek my pakkie self optel in plaas van koerier?Ja, jy kan! Wanneer jy jou bestelling plaas, kies gerus die "Pick-up" opsie by shipping. Jy kan dan jou pakkie enige tyd binne 1 tot 5 werksdae gaan optel by Hansie en Grietjie Padstal in Vleesbaai. Indien jy in die Mosselbaai-area woon (Mosselbaai, Voorbaai, Danabaai of Hartenbos), kan jy ook die "Local Delivery" opsie kies en ons kom lewer jou pakkie gratis af by jou adres van keuse, binne 3 werksdae.
-
Hoeveel kos dit om my bestelling te laat aflewer?Ons koerierkostes begin by R70 vir 1-2 kombersies (enige grootte), R80 vir 3-4 kombersies, R110 vir tot 9 kombersies en dan gratis aflewering vir 10 of meer kombersies. Ons lewer enige plek in Suid-Afrika af teen hierdie tariewe. Sien gerus ons Shipping Policy aan die onderkant van die blad vir meer inligting. Internasionale koerier is beskikbaar op aanvraag - in so 'n geval, kontak ons gerus direk met jou bestelling en navraag.
-
Wanneer sal my pakkie arriveer nadat ek bestel het?Produkte in voorraad neem 2 tot 4 werksdae om af te lewer. Custom bestellings neem 4 tot 6 weke, afhangend van die ingewikkeldheid van die ontwerp en die vervaardigingstydperk. 'n Splinternuwe custom ontwerp sal tot 6 weke neem, om die ontwerpproses in te reken.
-
Het jy enige ander ontwerpe om van te kies?Dankie dat jy vra! Ons het 'n groot verskeidenheid bestaande custom ontwerpe om van te kies - jy kan ons volle katalogus hier onder sien.
-
Kan ek van julle produkte bestel om in my baba-/kinderwinkel te verkoop?Ja, ons bied groothandelopsies aan baba- en kinderwinkels. Stuur gerus vir Rouxné 'n e-pos vir meer inligting: hoephoepbaba@gmail.com.
"Frequently asked questions"



bottom of page